UITSTALLING: MARCELLA DE BOOM 2009.05.16 (Magdaleen du Toit)


Ek wil graag gesels oor hoe ek Marcella se werk sien, maar daarvoor moet ek eers ’n ompad loop:

’n Mens kan deesdae nie ’n Afrikaanse koerant oopslaan nie of jy steier van al die debatte wat jou vol in die gesig tref, en die mees intense van almal is die godsdiens/wetenskap-debat: Het die aarde in ses dae tot stand gekom, of deur ’n evolusieproses van multimiljoene jare? Bestaan God of bestaan hy nie? Is die Bybel vol naďewe stories wat enige selfrespekterende wetenskaplike laat bloos, of is daar wel waarde of waarheid in daardie stories?

Op die webblad van die sg. Nuwe Hervormers lees ek ’n artikel raak waarin daar met jota en tittel bewys word dat daar in wetenskaplike ondersoeke van die brein geen setel van ’n siel gevind kon word nie.

In die TV-program 50/50 is daar onlangs ’n gesprek oor die vraag: is daar lewe ná die dood – dis blykbaar weke vantevore al aangekondig. Die programleier het drie gaste: die eerste ’n persoon met ’n godsdienstig-fundamentalistiese ingesteldheid wat sę ja, die Bybel sę so; die tweede ’n wetenskapsfundamentalis wat sę nee, die wetenskap sę daar is geen lewe na die dood nie, en die derde ’n progressiewe teoloog wat met woorde soos masjiengeweervuur verduidelik dat die mens nie ’n siel apart van die liggaam het nie, dat lewe na fisieke dood dus nie ’n moontlikheid is nie, en dat jy maar jou bes moet doen om kreatief betekenis aan hierdie lewe te gee. Daarna word ’n referendum gehou waarin kykers moet stem of hulle dink daar is lewe na die dood of nie.

Die oorhaastige aanbieding het vir my gevoel soos ’n weghol-lorrie vol woorde wat met ’n oorverdowende lawaai by my verbyjaag: binne ’n paar minute was dit verby en die gedruis het in die verte verdwyn; ek wou nie eens bly kyk om te sien wat die uitslag van die referendum is nie.

Ek het die TV met ’n gevoel van verdwasing afgeskakel en gewonder wat het ek nou eintlik van so ’n bespreking verwag.

Was ek naďef toe ek gedink het dat daar dalk, pleks van soveel stelligheid, ’n bietjie meer nuanse sou wees?

Was ek te optimisties toe ek gewag het vir ’n klankie van hoop, dalk van ’n bietjie speelsheid en verbeelding, dalk van ’n bietjie deernis en menslikheid en troos?

Was ek totaal onrealisties toe ek verwag het iemand sal dalk die moed hę om te sę: Wetenskaplik én godsdienstig staan ons voor misterieë wat ons nie kan deurgrond nie; die antwoorde waarna ons gryp, ontglip ons telkens nes ons dink ons het hulle nou raakgevat. Daar is dalk ander antwoorde moontlik as wat ons ooit sou kon vermoed.

Ek het al lank die gevoel dat ons deur sowel die godsdiens as die wetenskap in die steek gelaat word. Albei van hulle is skeppende uitinge van die menslike gees, maar met watter vingers raak hulle aan ons bestaan? Ek kry die indruk dat albei van hulle dikwels eerder hulle koppe stamp teen die plafonne van hul eie interne politiek as om vir ’n mens ’n venster oop te maak waardeur jy verder kan kyk, en ’n deur waardeur jy na ’n wyer en vryer ruimte kan ontsnap.

Eintlik sit die moderne mens vasgevang in ’n komplekse netwerk van inperkende politiek – staatkundige politiek, ekonomiese politiek, sosiale politiek, mediapolitiek – en die wetenskap en die godsdiens is maar onderdele van hierdie verpolitiseerde geheel. (Dan praat ek nie eens van die politieke rol wat al die groot godsdienste węreldwyd speel nie). Oral in hierdie politieke geheel is daar deurlopend oorloë aan die gang – klein en groot, warm en koud – waarin voortdurend gepoog word om magsbalanse te verskuif. So gou as wat ou onbuigbare strukture afgebreek word, word nuwe, ewe onbuigbare strukture geskep. En as ons demokraties wil wees, dan maak ons nie oorlog nie, ons stem — ons besluit demokraties of daar lewe na die dood is of nie, en ons kies demokraties vir ons ’n rasieleier as president.

Waar gaan soek ons dan as ons ’n meer genuanseerde interpretasie van die human condition en sy vertwyfelinge en onsekerhede verlang? As ons verby die kollektiewe konsensus van godsdiens en wetenskap en politiek wil kyk en meer uitsig en insig wil bekom?

Ons gaan soek by die kunstenaars; hulle is die sjamaans van ons tyd en van die toekoms. Hulle is die mense wat nie deur politieke plafonne vasgevang word nie (tensy hulle hulle steur aan die politiek van resensies en kanonisering).

Dis die kunstenaars wat ons bewus maak van die paradokse van ons bestaan – van verrukking en verskrikking – maar terselfdertyd ook van die versoening van daardie paradokse. Dis die kunstenaars wat die gepolariseerde politieke realiteit kan transendeer en ’n nuwe veelvlakkige, geďntegreerde realiteit kan skep. Dis die kunstenaars wat vir ons vensters oopmaak op nuwe, ongedroomde węrelde, dis hulle wat ons weer veilig laat voel om na die roeringe in ons eie binneste te luister.

Dis die kunstenaars wat ons die moed gee om ons eie antwoorde te soek en te formuleer en nie maar net die pasklaar antwoorde van die magstrukture na te papegaai nie. Dis hulle wat ons laat vermoed dat daar ook ander sintuie is waarmee ons die węreld kan waarneem.


Temas in Marcella se werk:

DIE KIND:

Die kind is die simbool van ons eerste bestaan, toe ons gees nog oop was, toe ons intuďtief geweet het, voordat ons gekondisioneer is om deur ideologiese en dogmatiese lense te kyk. Die węreld van die kinders wat ons hier sien, is wel ’n fantasiewęreld, maar dis nie ’n geďdealiseerde, idilliese węreld nie – dis ’n grootse realiteit waarin verwondering en verskrikking naas mekaar staan en met ewe veel aanvaarding deur die kinders in die gesig gekyk word. Dis die węreld waarin die monster soms paradoksaal die beskermer is, en sy vriendelike kant wys as jy hom genoeg vertrou.

Om ’n oog te hou: Vreemde blou monster/dier vol oë wat waghou oor kinders.

Oog van die storm: Kind wat voor ’n storm uit vlug, weer die alsiende oog, maar dis nie die oog wat ons dophou om ons te probeer uitvang en straf nie, dis die oog wat waak, wat “’n oog hou”.

Die gemaskerde tuin; Die bosgeeste: Kinders in ’n woud, wat wesenlik ’n plek van bedreiging is; vreemde fantasiewesens wat oor hulle waak.

Kind wat ’n voëlkou teken: Klein kind, die hele doek word deur ’n kou vol fantastiese voëls beslaan; dit dui op ons geweldige kapasiteit om ’n verbeeldingswęreld te skep.

Deursigtige oggend: Kind eenkant, byna buite prentvlak, deur heinings geskei van die skynbaar onbereikbare ma; sy staan in die lig. Beeld van die argetipiese Weeskind – is dit ’n voorstelling van ons wat nie ons weg kan terugvind na die kosmiese moederfiguur nie?
(Argetipiese reis wat begin by die Weeskind; aan die einde van al die fases van hierdie reis is ons steeds die kind, maar nou is hierdie kind die Speelmaat van God – dit is die ligte speelsheid van hierdie kind wat ’n mens in Marcella se werk gewaar.)

MITIESE VERWYSINGS:

Die soektog na die Reënvoël – suggestie van buitelyn van Afrika-kontinent, man wat in water duik, meisies wat in ’n diep poel swem, goue reën wat reeds val; lyflike ervaring van elemente.

Ouroboros: Slang wat sy stert vasbyt, simbool daarvan dat elke einde ’n nuwe begin verteenwoordig. Die simbool word verder uitgebou deur ’n kind in fetale posisie, saadknop, vlieënde sade, vlinders (simbool van transformasie).

Herder van die klippe: Mitiese diere – half klip, half dier.
Sonsondergang (opgedra aan Judith Mason): Skrikwekkende dier / halfmens – herinner aan die donker ondergrond van ons psige.
Negevoet-engel: Fantastiese kreatuur, vol humor, meerdimensioneel.

KOMMENTAAR OP ONS SAMELEWING:

Happiness Machine – kitsgeluk maar nie standhoudend, verskroeide landskap; die karnaval-kontrepsie is op wiele, dit kan net so gou verdwyn as wat dit verskyn het.

Die dwergvrou en die boggelrug wat dans – uitbundigheid, blydskap, geluk, die boggelrug is so sjarmant; lewer kommentaar op algemeen aanvaarde beskouings oor skoonheid en liggaamlike perfeksie.

TEMA VAN DIE LEWENSREIS OP WEG NA VERSOENING VAN TEENOORSTAANDES

Die mite van die reis van die siel: vrou/hiëna (onbewuste/intuďtiewe), man/bobbejaan (rasionele), bootsman wat roei; lewensreis op pad na integrasie van opposisies

Tafel vir twee: Vrou wat vir man wag; proses van integrasie van manlike en vroulike kante van die psige

Die reis: Herhalende wiel- en sirkelmotiewe wat dui op die sikliese aard van die reis.

SPIRITUELE INSLAG

Die siener: oë in hande – profeet, mistikus wat met ’n ander ‘sintuig’ sien; ook lig (insig) wat uit die hande kom. ’n Sleutelwerk: dui op Marcella se benadering dat spiritualiteit/mistisisme gekoppel is aan doen, aan werk met die hande, aan die fisieke ervaring van alledaagse dinge.

Drie werke wat hiermee saamhang:

Die gelukkige kok: integrasie van fisieke kombuis met ’n fantasiewęreld
Die gelukkige skottelgoedwasser: aanraking met water skep “uitsig” op ’n tropiese strand en die mitiese ondersese meerminwęreld.
Die geheime hand: ‘dubbele lewe’ van vrou en kunstenares.

Aansluitend hierby: VERSLUIERING, OF DEURKYK NA ANDER DIMENSIES

Herhalende motiewe van vensters, deure, sluiers wat ’n kykie bied op ’n ander realiteit / droomwęreld / mitiese węreld.

Die waters onder die aarde: ’n Kykie na dit waaroor ons eintlik net kan droom.
Die Glastuin: Skepping van ’n alternatiewe, veilige realiteit in ’n ongenaakbare węreld.
Cirque du Soleil: Geblinddoekte narre dans / doen toertjies in ’n węreld waarin die spieëlskerwe die realiteit die hele tyd laat verander.

DOOD

Die gebondenes: saamgekettingde figure, grys klipkoppe wat nie in staat is tot sintuiglike waarneming nie; simbool van die ‘dood’ van gestolde kollektiewe denke.

Die dood is ’n mooi blou blom I, II, III

Drie skilderye met ’n besonder liriese uitbeelding van dood: eers terughou, dan oorgang na, en laastens ’n tuiste vind ’n ander realiteit.

Ilse van Staden se gedig sluit hierby aan:
Lepellę
Doodwees lę gemaklik lepel met die lewe
knie in knie se boog gebuig
en warm in die holte van die aarde ingelyf,
ruggraat pas gemaklik in die vou van bors en buik,
tussen raamwerke van ribbes bly iets onkeerbaar klop.

Ook doodwees het ’n hart
’n slapende gesig en hande
wat na ander hande soek om vingers deur te vleg –

’n donker beminning is die dood se lepellę.

(uit Fluisterklip)

Ek wil graag vir Marcella dankie sę vir die totaal geďntegreerde kunstenaarsbestaan waarin ons hier op haar werf kan deel: sy is iemand wat kunstenaarskap en lewe en bestaansruimte tot een kreatiewe en estetiese geheel saambind, en hierdie realiteit van dag tot dag met ’n intense bewustheid en tegelyk met ’n totaal onbewuste spontaneďteit LEEF.

Magdaleen du Toit

© marcella de boom 2007

Printable page